Ezekiel 27:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou, jou kelders; al die skepe van die see met hulle seevaarders was in jou om jou koopware te beset. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Goeie vakmanne het jou lekplekke toegestop. Skepe het met hulle vrag van elke land gekom om met jou handel te dryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel. |
| Afrikaans 1983 | Leiers, vakmanne uit Gebal was aan boord om jou lekplekke toe te stop. Al die skepe op see met hulle bemannings het na jou toe gekom om met jou handel te dryf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Veterane van Gebal en sy ervare manne was aan boord om jou lekplekke te kalfater. “ ‘ “Al die skepe op see en hulle matrose was in jou hawe om van jou ruilware te bekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Leiers van die stad Gebal was die mense wat die plekke moes toemaak waar water ingekom het, hulle kon dit goed doen. Al die skepe, en die mense op hulle, het na jou toe gekom om goed by jou te koop en om goed aan jou te verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die beste ambagsmanne het op die skip gewerk om enige lekplek dadelik toe te stop. Al die skepe wat op die see gevaar het, het die een of ander tyd ’n draai by Tirus gemaak. Jy was die middelpunt van die aarde se besigheid. |