Ezekiel 27:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die inwoners van Sidon en Arvad was jou seevaarders; jou wyse manne, o Tirus, wat in jou was, was jou vlieëniers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jou roeiers kom uit Sidon en Arwad, jou matrose was ervare manne uit Tirus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers; jou wyse manne was in jou, o Tirus, hulle was jou stuurmanne. |
| Afrikaans 1983 | Inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers, en jou bevare seemanne het jy self gelewer, Tirus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers, Jou ervare manne, Tirus, was aan boord, hulle was jou seemanne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van die stede Sidon en Arwad het jou geroei. Jy self, Tirus, het mense gehad wat die see geken het, hulle was jou matrose. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die roeiers op jou skip het van Sidon en Arwad gekom. Die ander mense wat op die skip gewerk het, het van Tirus self gekom. |