Ezekiel 27:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Fyn linne met gebreide werk uit Egipte was dit wat jy uitgesprei het om jou seil te wees; blou en pers van die eilande Elisa was dit wat jou bedek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou seile is gemaak van Egipte se fynste linne. Dit het soos ’n vlag bo jou gewapper. Jy was bedek met wolstof, pers en rooi uit die Elisa-eilande.
Afrikaans 1933/1953 Veelkleurige fyn linne uit Egipte was jou seil, om vir jou as vlag te dien; pers en purper stowwe uit die kuslande van El¡sa was jou hutbedekking.
Afrikaans 1983 Jou seile was van veelkleurige materiaal uit Egipte; daaraan is jy uitgeken. Pers en rooi wolstof uit die Elisa-eilande het jou bedek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van veelkleurige fyn linne uit Egipte was jou seil, om vir jou te dien as vaandel. Pers en purperrooi materiaal uit die eilande van Elisa was jou kajuitbedekking.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou seile was van bont linne van Egipte. Die seile het vir ander skepe gewys wie jy is. Jy het jou toegemaak met pers en rooi wol-materiaal van die Elisa-eilande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die beste materiaal gebruik om seile van te maak. Mense het hierdie skip uitgeken aan sy seile wat van baie kleure geweef was. Hulle het jou seile pers en rooi gemaak sodat almal jou van ver af kon raaksien.