Ezekiel 27:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die eike van Basan het hulle jou roeispane gemaak; die menigte van die Assuriete het jou banke van ivoor gemaak, uit die eilande Kittim gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou roeispane het hulle van eike uit Basan gemaak. Jou dek het hulle gebou van dennehout wat kom van die suidkus van Siprus, en dit met ivoor ingelê.
Afrikaans 1933/1953 Van eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak; jou dek het hulle gemaak uit ivoor, ingelê in dennehout uit die kuslande van die Kittiërs.
Afrikaans 1983 Hulle het jou roeispane gemaak van groot bome uit Basan, jou dek van sipreshout uit die Kittiëreilande, en dit ingelê met ivoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak. Jou dek het hulle ivoorkleurig gemaak met dennehout uit die eilande van die Kittiërs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) hulle het jou roeispane gemaak van eikehout van Basan, hulle het jou dek gemaak van sipreshout van die Kittiër-eilande, en hulle het stukkies ivoor ingesit in die dek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En hulle het vir jou roeispane gemaak van die eikebome wat by Basan groei. Hulle het jou dek van sipreshout gebou wat van die kus van Siprus af kom. En kan jy dit glo? Hulle het duur ivoor gebruik om jou dek te versier!