Ezekiel 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou grense is in die middel van die see, jou bouers het jou skoonheid volbring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy het jou grense uitgebrei oor die see. Bouers het jou ’n mooi skip gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die hart van die seë is jou gebied; jou boumeesters het jou skoonheid volkome gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Jou magsgebied strek tot oor die diepsee, en dié wat jou gebou het, het jou 'n mooi skip gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die hart van die seë lê jou gebied; jou bouers het jou skoonheid vervolmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy regeer tot ver op die diep see, en die mense wat jou gebou het, het jou soos 'n mooi skip gemaak, so mooi soos die mooiste skip. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het gedink jou grense strek selfs oor die see. Jy het jouself gesien soos ’n groot, sterk skip wat op die see vaar. |