Ezekiel 27:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die handelaars onder die volk sal oor jou fluit; jy sal 'n verskrikking wees en nooit meer wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die handelaars van die nasies skud hulle koppe as hulle jou sien. Jou einde was verskriklik, jy bestaan nie meer nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die handelaars onder die volke spot oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie. |
| Afrikaans 1983 | Die handelaars onder die volke fluit van verbasing oor wat met jou gebeur het. Jy het 'n afskrikmiddel vir ander geword, dit is vir altyd klaar met jou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Handelaars onder die volke fluit oor jou; jy het 'n verskrikking geword; jy sal nooit weer bestaan nie.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die handelaars van die volke fluit oor jou, hulle skrik oor wat met jou gebeur het. Jy sal nooit weer 'n stad wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense van al die nasies wat met jou besigheid gedoen het, skud die kop oor wat met jou gebeur het. Want jou einde was verskriklik. Daar is niks van jou oor nie!” |