Ezekiel 27:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die bewoners van die eilande sal oor jou verstom staan, en hulle konings sal baie bang wees, hulle sal verskrik wees in hulle aangesig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat langs die kus bly, is verskrik oor jou. Hulle konings se hare rys van skrik, hulle gesigte vertrek van vrees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte. |
| Afrikaans 1983 | Al die bewoners van die eilande is skrikbevange oor wat met jou gebeur het; hulle konings se hare rys, hulle gesigte is wit van die skrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die bewoners van die eilande staan verslae oor jou. Hulle konings sidder onbedaarlik; hulle gesigte is verwronge van angs. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat woon in die lande langs die see het baie bang geword oor wat met jou gebeur het. Hulle konings het geskrik en hulle bewe, hulle gesigte trek skeef. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Almal wat langs die kus rondom jou woon, staan verstom oor wat met jou gebeur het. Die konings kan hulle oë nie glo nie. Hulle kyk, maar kan nie glo wat hulle sien nie. |