Ezekiel 27:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die tyd wanneer jy verbreek sal word deur die see in die dieptes van die waters, sal jou koopware en jou hele menigte in jou midde val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Nou lê jy vernietig op die bodem van die oseaan. Jou handelaars en matrose het saam met jou gesink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou is jou mag op see gebreek, jou mag op die diep waters. Jou handelsware en al jou mense is daarmee heen saam met jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nou is jy gebreek deur die seë, in die dieptes van die water. Jou ruilware en jou hele strydmag wat in jou was, het weggesink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou lê jy stukkend in die diep water, jou goed en al jou mense in jou het saam gesink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En wat is jy nou? ’n Skip wat gesink het. Jy lê op die bodem van die see. Jy is verwoes! Al die goed waarmee jy besigheid gedoen het en al jou mense het verdwyn. Daar is niks oor nie. |