Ezekiel 27:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe jou goed uit die see uitgegaan het, het jy baie mense gevul; U het die konings van die aarde verryk met die menigte van u rykdom en van u handelsware. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou handelaars met hulle ware het die behoeftes van nasies bevredig. Konings oor die hele aarde het deur jou ryk geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jou handelsware aangekom het oor die see, kon baie volke in oorvloed leef; met jou groot rykdom, jou goedere, het jy die konings van die aarde ryk gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe jou handelsware uitgegaan het op die seë, het jy baie volke versadig; met die oorvloed van jou rykdom en ruilware het jy konings van die aarde ryk gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die handelaars het die goed wat jy geruil het, oor die see gebring, en toe het baie volke genoeg gehad om van te lewe, meer as genoeg. Jy het die konings van die aarde ryk gemaak met jou baie goed wat jy geruil het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die goed waarmee jy besigheid gedoen het, het na al die lande rondom jou gegaan. Jy het konings oor die hele wêreld ryk gemaak met al die goed waarmee jy besigheid gedoen het. |