Ezekiel 27:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in hulle geween sal hulle 'n klaaglied oor jou aanhef en oor jou rou en sê: Watter stad is soos Tirus, soos die verwoeste in die middel van die see? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie begrafnislied sing hulle terwyl hulle treur: “‘Was daar al ooit ’n stad soos Tirus, nou stil op die bodem van die see? |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal in hul weeklag oor jou 'n klaaglied aanhef en oor jou sing: Wie was soos Tirus, die doodstille daar in die see? |
| Afrikaans 1983 | Tussen hulle smartkrete deur het hulle 'n treurlied begin sing, 'n treurlied oor jou: ‘Wie kon op see met Tirus vergelyk word?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met hulle geweeklaag hef hulle vir jou 'n klaaglied aan; hulle sing 'n klaagsang oor jou, ‘Wie was soos Tirus, wie was soos sy, midde-in die see?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gehuil en het begin om 'n klaaglied te sing oor jou. Hulle het gesê: Wie is soos Tirus wat stil geword het in die middel van die see? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op pad na jou graf toe sing hulle ’n lied. Hulle sê: ‘Was daar al ooit so ’n wonderlike stad soos Tirus! En nou lê hy op die bodem van die see. Hy het vergaan.’ |