Ezekiel 27:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal hulle vir jou heeltemal kaal maak en hulle met rouklere omgord, en hulle sal oor jou ween met bitterheid van hart en bitter geween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle skeer hulle koppe kaal, en in rou oor jou trek hulle begrafnisklere aan. Hulle huil bitterlik omdat hulle oor jou treur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal om jou ontwil 'n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in 'n bitter rouklag. |
| Afrikaans 1983 | hulle het hulle koppe kaalgeskeer in rou oor jou en rouklere aangetrek; hulle het bitterlik gehuil oor jou, bitterlik getreur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle skeer kaal kolle op hulle koppe oor jou, hulle bind rouklere om, hulle huil oor jou met 'n verbitterde siel – dit is 'n bitter rouplegtigheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hulle koppe kaal geskeer oor jou en hulle het rouklere aangetrek, hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou. Hulle was baie hartseer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle maak hulle reg vir jou begrafnis. Hulle trek begrafnisklere aan. |