Ezekiel 27:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê vir Tirus, o jy wat by die ingang van die see sit, wat 'n handelaar van die volk is oor baie eilande: So spreek die HERE HERE; O Tirus, jy het gesê: Ek is van volmaakte skoonheid.
Afrikaans (NLV) 2011 wat langs die see lê en met baie lande handel dryf. So sê die oppermagtige Here: “Tirus, jy het gedink jy is baie mooi.
Afrikaans 1933/1953 en sê aan Tirus, wat woon by die ingange van die see, wat handel drywe met die volke na baie kuslande toe: So spreek die Here HERE: o Tirus, jy sê: Ek is volmaak in skoonheid.
Afrikaans 1983 Tirus lê aan die kus en dryf handel met die ander volke, met baie eilande. Jy moet vir Tirus sê: So sê die Here my God: “Tirus, jy dink jou skoonheid is volmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sê vir Tirus, die stad wat lê by die poorte na die see, wat handel dryf met ander volke, met baie eilande, ‘So sê my Heer, die Here: “Tirus, jy sê, ‘Ek is volmaak in skoonheid.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tirus is by die see en daardie mense koop en verkoop goed aan die volke van baie lande by die see. Jy moet vir Tirus sê: “Die Here, Hy wat Here is, sê: Tirus, jy het altyd gesê jy is 'n mooi stad, so mooi soos die mooiste stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tirus is die stad wat aan die kus lê. Al die volke wat iets wil verkoop, moet hulle handelsware deur Tirus neem. Jy het ook jou eie ware aan die mense van hierdie eiland gaan verkoop. Jy moet nou vir Tirus sê die Here, Esegiël se God, dink só oor hom: Jy het gedink jy is baie goed en baie ryk, Tirus.