Ezekiel 27:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En almal wat die roeispan hanteer, die seevaarders en al die loodse van die see, sal van hulle skepe afkom, hulle sal op die land staan;
Afrikaans (NLV) 2011 Die roeiers spring van die skip af, matrose en seemanne staan langs die kus.
Afrikaans 1933/1953 En almal wat die roeispaan hanteer, sal van hulle skepe afklim; die seevaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.
Afrikaans 1983 al die roeiers het hulle skepe verlaat; die seemanne, al die matrose, het op land gaan staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle verlaat hulle bote – almal wat roeispane vashou; die matrose, al die seevaarders – op die land gaan staan hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die manne wat roei, het afgeklim van hulle skepe, en die matrose het op die land gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat op jou skepe geroei het, het oorboord gespring, so groot het hulle geskrik. Die soldate en die matrose het op die kaai gaan staan.