Ezekiel 27:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou roeiers het jou in groot waters gebring: die oostewind het jou in die middel van die see verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk, jou roeiers het jou tot op die diepsee gebring. Hier sal die oostewind jou skip in stukke breek.
Afrikaans 1933/1953 Die wat jou geroei het, het jou op groot waters gebring; die Oostewind het jou verbreek in die hart van die seë.
Afrikaans 1983 jou roeiers het jou op die groot waters gebring, maar toe het die oostewind jou verpletter op die diepsee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In onstuimige waters het jou roeiers jou gebring. Die oostewind het jou gebreek in die hart van die seë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou manne wat jou geroei het, het jou ver in die diep see gebring, en daar het die sterk oostewind jou stukkend gebreek in die middel van die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En so het al jou besigheid jou skatryk gemaak. Jy het ’n ryk en magtige nasie geword. Jou skure was vol duur goed. “Maar let nou mooi op! Die mense wat roeiers op jou skip is, het reguit in ’n orkaan ingeroei. Die wind het jou skip op die diepsee verpletter.