Ezekiel 27:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die handelaars van Skeba en Raäma, hulle was jou handelaars;
Afrikaans (NLV) 2011 Die handelaars van Skeba en Rama het met allerlei soorte speserye en met kosbare stene en goud vir jou ware betaal.
Afrikaans 1933/1953 Die koopmans van Skeba en Raëma, hulle was jou koopmans; die fynste van allerhande speserye en allerhande edelgesteentes en goud het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.
Afrikaans 1983 Die handelaars van Skeba en Rama was jou agente; hulle het jou handelsware verruil vir die beste balsem, vir allerhande edelstene en goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die handelaars van Skeba en Rama, hulle was jou handelaars. Met die keur van allerlei speserye, allerlei edelstene en goud het hulle betaal vir jou handelsware.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Handelaars van die lande Skeba en Rama was jou handelaars. Hulle het van die beste balsem en kosbare klip en goud vir jou gegee vir jou goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En die mense van Skeba en Rama het betaal met gom en edelstene en goud.