Ezekiel 27:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Damaskus was jou koopman in die menigte van die ware wat jy gemaak het, vanweë die menigte van alle rykdom; in die wyn van Helbon en wit wol.
Afrikaans (NLV) 2011 Damaskus het baie produkte van jou gekoop, en met wyn uit Gelbon en wol uit Sagar betaal.
Afrikaans 1933/1953 Damaskus het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke, weens die menigte van allerhande goed: wyn van Helbon en wit wol.
Afrikaans 1983 Damaskus het vir jou handel gedryf, want jy het baie produkte gelewer, jy het baie te verruil gehad vir wyn uit Gelbon en wol uit Sagar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Damaskus het met jou handel gedryf vanweë die oorvloed goedere wat jy vervaardig, die oorvloed van al jou rykdom. Met wyn uit Gelbon, wol uit Sagar
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het baie goed gemaak, en mense van die stad Damaskus het daardie goed vir jou verkoop. Hulle het wyn van die stad Gelbon en wol van die stad Sagar gekry vir jou goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Damaskus was ook ’n agent wat vir jou besigheid gedoen het. Jy het jou produkte verkoop vir wol en wyn.