Ezekiel 27:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Juda en die land van Israel, hulle was jou handelaars; hulle het handel gedryf met koring van Minnit en Pannag en heuning en olie en balsem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda en Israel het jou ware gekoop, en betaal met koring uit Minnit, kos en heuning, olyfolie en balsemgom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Juda en die land Israel, hulle was jou koopmans; koring van Minnit en meel en heuning en olie en balsem het hulle as koopware aan jou gelewer. |
| Afrikaans 1983 | “Juda en Israel was agente vir jou; hulle het jou goedere verruil vir koring uit Minnit, vir vye, heuning, olyfolie en balsemgom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juda en die land Israel, hulle was jou handelaars. Met koring uit Minnit, vye, heuning, olyfolie en balsemgom het hulle betaal vir jou ruilware. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van die lande Juda en Israel was ook jou handelaars. Hulle het koring van die land Minnit, vye, heuning, olyf-olie en balsemgom vir jou gegee vir jou goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook Juda en Israel het met jou handel gedryf. Hulle het jou ware verruil vir hulle koring, vir vye en heuning, olyfolie en balsemgom. |