Ezekiel 27:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aram was jou koopman vanweë die menigte van die ware wat jy gemaak het: hulle het op jou smaragde, purper en gebreide werk en fyn linne en koraal en agaat besig gehou.
Afrikaans (NLV) 2011 Aram het handelaars gestuur om met jou besigheid te doen. Met turkoois, pers wolstof, fyn linne, koraal en robyne het hulle vir jou ware betaal.
Afrikaans 1933/1953 Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.
Afrikaans 1983 Aram het vir jou handel gedryf, want jy het baie produkte gelewer; hulle het jou handelsware verruil vir turkoois, pers wolstof, veelkleurige materiaal, linne, koraal en robyne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Edom het met jou handel gedryf vanweë die oorvloed goedere wat jy vervaardig. Met •malagiet, purperrooi en veelkleurig geweefde materiaal, fyn linne, pêrels en •chalcedoon het hulle vir jou handelsware betaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het baie goed gemaak, en mense van die land Aram het daardie goed vir jou verkoop. Hulle het turkoois, pers wol-materiaal, bont materiaal, linne, koraal en robyne geruil vir jou goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Aram het ook besigheid met jou kom doen, want jy het baie dinge gemaak. Hulle het jou goed kom koop met hulle materiaal wat van verskillende kleure was en die duur edelstene wat hulle uit hulle myne gehaal het.