Ezekiel 27:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die manne van Dedan was jou handelaars; baie eilande was die koopware van jou hand; hulle het vir jou horings van ivoor en ebbehout as geskenk gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Handelaars het ook uit Dedan gekom. Talle eilande was jou agente. Hulle het jou betaal met ivoor en ebbehout.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Dedan was jou koopmans, baie kuslande die handelsgebied wat tot jou beskikking gestaan het; olifantstande en ebbehout het hulle aan jou as betaling gebring.
Afrikaans 1983 Mense uit Dedan was agente vir jou, baie eilande het in jou diens gestaan as handelaars; hulle het vir jou olifantstande en ebbehout gebring as betaling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense van Dedan was jou handelaars; baie eilande was jou handelsvennote. Olifanttande en ebbehout het hulle teruggebring as skatplig aan jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van die stad Dedan was jou handelaars. Mense van baie lande langs die see het vir jou goed gekoop en verkoop. Hulle het vir jou ivoor en ebbehout gegee om te betaal vir die goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Dedan het ook gekom om met jou besigheid te doen. Die mense op die eilande het die goed wat jy gemaak het, vir jou verkoop. Hulle het jou betaal met olifantstande en baie duur hout.