Ezekiel 27:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tarsis was jou koopman vanweë die menigte van allerhande rykdom; met silwer, yster, tin en lood het hulle handel gedryf in u kermis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Tarsis was jou agent. Jy het jou ware verruil vir silwer, yster, tin en lood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer. |
| Afrikaans 1983 | “Tarsis het vir jou handel gedryf, want jy het baie te verruil gehad; hulle het jou handelsware verruil vir silwer, yster, tin en lood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tarsis het met jou handel gedryf vanweë die oorvloed van al die rykdom. Met silwer, yster, tin en lood het hulle betaal vir jou handelsware. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van die land Tarsis het vir jou goed gekoop en verkoop. Jy het baie goed gehad, hulle het dit geruil vir silwer, yster, tin en lood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die groot en belangrike stad Tarsis was die agent wat vir jou gaan handel dryf het, want jy het soveel goed gehad om te verkoop. Hulle het jou ware verruil vir silwer en yster, tin en lood. |