Ezekiel 27:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die manne van Arvad met jou leër was rondom jou mure, en die Gammadiete was in jou torings; hulle het hul skilde rondom aan jou mure opgehang; hulle het jou skoonheid volmaak gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Manne uit Arwad en Gelek het op jou mure wag gestaan. En manne uit Gammad het jou torings bewaak. Hulle skilde het aan jou mure gehang, en vir jou groot aansien gegee.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Arwad en jou leër was op jou mure rondom, en die Gammadiete was op jou torings; hul skilde het hulle aan jou mure rondom gehang; hulle het jou skoonheid volkome gemaak.
Afrikaans 1983 In jou leër op jou mure rondom was manne uit Arwad, op jou torings mense uit Gammad. Hulle het hulle skilde rondom teen jou mure opgehang en jou skoonheid volmaak gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Manne uit Arwad en Gelek was rondom op jou mure, en manne uit Gammad – in jou torings was hulle. Hulle het hulle rondeskilde rondom teen jou mure opgehang; dit is hulle wat jou skoonheid vervolmaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou soldate was op die mure rondom jou, by hulle was daar ook manne van die stad Arwad, en op jou torings was daar manne van die stad Gammad. Hulle het hulle klein ronde skilde opgehang teen jou mure. Dit het jou mooi gemaak, so mooi soos die mooiste stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate wat reg gestaan het om die stad te beskerm het van so ver as Arwad gekom. En manne uit Gammad het diens gedoen in die torings van waar die stad veilig gehou is. Hierdie manne het ook hulle wapens teen jou mure opgehang. En was jy nie ’n veilige stad nie!