Ezekiel 27:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle van Persië en Lud en Put was in jou leër, jou krygsmanne; hulle het die skild en helm aan jou opgehang; hulle het u heerlikheid bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Manne uit Persië, Lud en Put het in jou weermag gedien. Hulle het hulle skilde en helms aan jou mure opgehang, en vir jou aansien gegee.
Afrikaans 1933/1953 Perse en Ludiete en Put,ërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.
Afrikaans 1983 “Mense uit Paras, Lud en Put was soldate in jou leër. Met die skilde en helms wat hulle in jou opgehang het, het hulle jou aansien gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Persië, Lud en Put was in jou leër as krygsmanne. Skild en helm het hulle in jou opgehang; dit is hulle wat aan jou luister verleen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van die lande Paras, Lud en Put was jou soldate. Hulle het hulle skilde en hulle helms in jou opgehang. Almal kon toe sien hoe belangrik jy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En mense oor die hele wêreld het in jou weermag gedien. Hulle het gekom van lande so ver as Paras, Lud en Put. As hulle hulle wapens teen die mure van die stad opgehang het, het almal gesê: ‘Dis ’n groot en sterk stad dié!’