Ezekiel 26:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal jou dogters in die veld met die swaard doodmaak; en hy sal 'n vesting teen jou maak en 'n berg teen jou opgooi en die skild teen jou oplig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal jou dogterstede wat in die veld is, oorweldig. Dan sal hy jou stad aanval deur ’n beleëringswal teen jou op te gooi en ’n dak van skilde teen jou mure aan te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en 'n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal die inwoners van jou buitedorpe in die veld doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou bou, 'n beleëringswal teen jou opgooi en beskermingsdakke teen jou mure aanbring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou dogters in die veld sal hy met die swaard doodmaak, hy sal beleëringswerke teen jou oprig, beleëringswalle teen jou ophoop, 'n skilddak teen jou opstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal die mense doodmaak wat woon in die dorpe buite Tirus. Hy sal 'n grondwal bou en hy sal grond gooi teen die muur van die stad. Hy sal skild-dakke tot by die mure bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal eerste die groot dorpe van Tirus vernietig. Dan sal hy die hoofstad van die land aanval. Hy sal ’n wal teen die stad se mure oprig. Dan sal hy jou muur vernietig en oor die stad stroom met al sy soldate. |