Ezekiel 26:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE HERE: Kyk, Ek bring oor Tirus Nebukadrésar, die koning van Babel, 'n koning van konings, uit die noorde, met perde en met strydwaens en met ruiters en groepe en baie mense.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die oppermagtige Here sê: Ek bring koning Nebukadnesar van Babilon, die koning oor konings, uit die noorde, teen Tirus. Hy kom met perde en strydwaens, ruiters en ’n groot leër.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadr,sar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Ek gaan vir koning Nebukadnesar van Babel, koning oor konings, uit die noorde teen Tirus bring. Hy sal kom met perde, met strydwaens, met ruiters, met 'n baie groot leër.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, so sê die Heer, die Here, ‘Kyk, Ek gaan Nebukadresar, koning van Babilonië, die koning van die konings, uit die noorde na Tirus bring, met perde, strydwaens en ruiters, met 'n strydmag, 'n menigte manskappe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal nou vir koning Nebukadnesar van Babel bring om Tirus aan te val. Hy is die koning oor al die konings en hy sal kom met perde en oorlogkarre en met manne op perde en baie soldate.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here, die God van Esegiël: “Ek stuur koning Nebukadnesar van Babilonië om teen Tirus te baklei. Hy is die koning wat oor almal in die noorde regeer. Hy gaan hier opdaag met sy perde en ruiters, met baie soldate en wapens.