Ezekiel 26:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En haar dogters wat in die veld is, sal deur die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en die dorpies op die vasteland sal deur die swaard vernietig word. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Die inwoners van sy buitedorpe in die veld sal doodgemaak word. Tirus sal besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en haar dogters wat in die veld is – met die swaard sal hulle doodgemaak word. Hulle sal besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Vyande sal die mense wat in die dorpe buite Tirus woon, doodmaak in die oorlog. Almal sal weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal al Tirus se dorpe en stede verwoes in die oorlog wat kom. Dan sal hulle erken dat Ek die Here is.” |