Ezekiel 26:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal 'n plek wees vir die uitsprei van nette in die middel van die see, want Ek het dit gespreek, spreek die HERE HERE, en dit sal 'n buit vir die nasies word.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal meer op hierdie eiland bly nie. Die vissermanne sal daar hulle nette uitsprei. So sê Ek, die oppermagtige Here. Tirus sal die prooi van baie nasies word
Afrikaans 1933/1953 Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees.
Afrikaans 1983 Hy sal nog net 'n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word. Ek het gepraat, sê die Here my God. Tirus sal 'n stuk buit vir die nasies word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Droogmaakplek vir sleepnette sal jy word, midde-in die see; want Ek het gepraat,’ is die uitspraak van die Heer, die Here. ‘Tirus sal 'n buit wees vir die nasies,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tirus sal 'n plek word waar mense hulle visnette droogmaak. Ek het gepraat. Die ander volke sal alles vat wat in Tirus is.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand sal meer op die eiland van Tirus woon nie. Die vissermanne sal hulle visnette uitgooi om droog te word daar waar die besige stad nou staan. Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat praat. Tirus sal die slagoffer wees, en die wilde dier wat hom agtervolg, is die nasies.