Ezekiel 26:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal die mure van Tirus vernietig en sy torings afbreek; ook sal Ek haar stof van haar afskraap en haar maak soos die top van 'n rots.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal die mure van Tirus vernietig en sy torings afbreek. Ek skraap die sand weg sodat net ’n kaal rots agterbly.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak.
Afrikaans 1983 Hulle sal die mure van Tirus verwoes, sy torings afbreek. Ek sal sy grondlaag van hom afvee en hom 'n kaal klipplaat maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal die stadsmure van Tirus verwoes en haar torings afbreek. Ek sal die grond van haar afskraap, haar 'n kaal rotsplaat maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal die mure van die stad Tirus verwoes en sy torings afbreek. Ek sal die grond wegkrap waarop die stad staan, net kaal klippe sal oorbly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie nasies sal die mure van Tirus stukkend breek. Sy torings sal almal inmekaarval. Ek sal sy grond bymekaarskraap en weggooi sodat daar net ’n hoop klippe oorbly.