Ezekiel 26:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus, en Ek sal baie nasies teen jou laat optrek soos die see sy golwe laat opkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom sê die oppermagtige Here: Ek is jou vyand, Tirus. Ek bring baie nasies teen jou. Hulle sal soos die golwe van die see teen jou kus aanrol. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek. |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek nou teen jou optree, Tirus. Soos die golwe van die see, so laat Ek baie nasies oor jou spoel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, so sê die Heer, die Here, ‘Dit is Ek teen jou, Tirus! Ek sal baie nasies teen jou laat opstaan, soos die see sy golwe laat opstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Tirus, Ek is nou jou vyand. Ek sal baie volke laat kom om jou te verwoes en plat te trap, hulle sal kom soos die see se branders wat oor alles spoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Here, die God van Esegiël, van jou: “Ek word jou vyand, stad van Tirus! En Ek sal baie nasies teen jou in opstand laat kom. Hulle sal oor jou spoel soos die golwe van die see. |