Ezekiel 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal jou 'n verskrikking maak, en jy sal daar nie meer wees nie; al word daar na jou gesoek, sal jy nooit weer gevind word nie, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek bring jou tot ’n verskriklike einde. Jy sal nie meer bestaan nie. Hulle sal jou soek, maar jy sal nooit weer gevind word nie. Ek, die oppermagtige Here, sê so.”
Afrikaans 1933/1953 Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ek maak jou 'n voorbeeld wat ander moet afskrik. Dit is klaar met jou. Wie na jou soek, sal jou nie kry nie, nooit weer nie, sê die Here my God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Verskrikking maak ek jou; jy sal nie meer daar wees nie. Jy sal gesoek word, maar nooit weer gevind word nie.’ Dit is die uitspraak van die Heer, die Here. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek laat mense bang word wanneer hulle jou sien, en jy sal sterf, jou vyande sal jou verwoes, jy sal verdwyn. Mense sal jou soek, maar hulle sal jou nie kry nie, nooit nie.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak jou ’n voorbeeld om ander af te skrik sodat hulle nie dieselfde dom dinge as jy sal doen nie. Dis klaar met jou! Hulle sal jou nooit weer kry as Ek met jou klaar is nie,” sê die Here, die God van Esegiël.