Ezekiel 26:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As Ek jou saam met die wat in die kuil neerdaal, saam met die mense van die ou tyd, en jou laat neerdaal in die laagte van die aarde, op plekke wat van ouds verlate was, saam met die wat in die kuil neerdaal, dat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stuur jou ondertoe saam met dié wat lankal dood is. Jou stad sal in puin onder die aarde begrawe lê, soos hulle wat lankal in die land van die dooies is. Nooit weer sal jy terugkom na die land van die lewendes nie.
Afrikaans 1933/1953 dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Afrikaans 1983 sal Ek jou ondertoe laat gaan saam met dié wat in die graf in afdaal, na die mense van ouds toe. Ek sal jou soos ander stede wat lankal in puin lê, in die onderaardse diepte laat woon saam met dié wat reeds gesterf het. Jy sal nie terugkom nie, Ek sal jou nie in ere herstel in die land van die lewendes nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) laat Ek jou afgaan saam met dié wat in die put afdaal na die mense van ouds, laat Ek jou woon in die aarde se diepste dele, soos in oeroue ruïnes, saam met dié wat in die put afdaal, sodat jy nie bewoon word, of 'n staanplek het in die land van die lewendes nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal Ek jou laat afgaan saam met die ander stede wat na die doderyk gaan, na die mense toe wat lank gelede gesterf het en in die doderyk is. Ek sal jou laat woon in die onderwêreld soos die ander stede wat lank gelede hope klippe geword het. Niemand sal weer in jou woon nie, Ek sal nie weer vir jou 'n plek gee in die wêreld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek gooi jou in jou graf. Jy sal daar wees saam met al die ander wat voor jou dood is. Waar jou stad was, sal net ’n ruïne wees, sonder enige vorm van lewe daarin. Jou stad sal onder die grond begrawe wees. Jy sal nooit weer die son sien opkom nie en niemand sal meer respek vir jou hê nie.