Ezekiel 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, omdat Tirus teen Jerusalem gesê het: Aha, sy is gebreek wat die poorte van die volk was; sy het na My toe gedraai; ek sal versadig word, nou is sy verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, Tirus verlekker hom oor Jerusalem wat geval het. Hy sê: ‘Aha! Haar beheer oor die handelsroetes na die ooste is verby. Nou gaan ek ryk word omdat sy vernietig is!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai;,k sal vol word, dit is verwoes -- |
| Afrikaans 1983 | “Mens, Tirus verlekker hom oor Jerusalem en sê: Die Poort van die Volke is stukkend gebreek, ek geniet die voordeel daarvan, ek word ryk nou dat daardie stad 'n puinhoop is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem gesê het, ‘Aha! Die deure na die volke is oopgebreek, dit het na my kant oopgeswaai; noudat sy in puin lê, sal ek gevul word’ – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, die mense van die stad Tirus het slegte dinge gesê van Jerusalem. Hulle het gesê: ‘Ons is bly! Die poort van die volke lê stukkend. Die stad is oop vir ons. Ons sal ryk word, want Jerusalem is nou net 'n hoop klippe.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die stad Tirus was so bly toe Jerusalem deur sy vyande verslaan is. Hy het gesê: ‘Hulle kry hulle verdiende loon! Jerusalem het skatryk geword toe hy handel gedryf het met die mense van Babilonië. Nou is hy nie meer daar nie. En nou gaan ek ryk word omdat ek my goed aan Babilonië kan verkoop. Ek sal ryk word, want Jerusalem is verwoes!’” |