Ezekiel 26:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE HERE: As Ek jou 'n verlate stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; wanneer Ek die watervloed oor jou sal laat optrek en groot waters jou sal bedek;
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: Ek maak Tirus ’n onbewoonde puinhoop. Jy sal onder die groot golwe wegsink. Die groot waters sal oor jou spoel.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Wanneer Ek jou 'n stad maak wat in puin lê, soos die stede wat nie meer bewoon word nie, wanneer Ek die groot waters oor jou laat spoel, jou onder baie waters toemaak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ja, so sê die Heer, die Here, ‘Wanneer Ek jou 'n stad in puin maak, soos stede wat nie bewoon word nie, wanneer Ek oor jou die •oerwater laat gaan, jou oordek met massas water,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal jou verwoes, jy sal soos baie ander stede word, niemand woon nou daar nie. Ek sal die diep water oor jou laat kom, die groot see sal jou toemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here, die God van Esegiël, sê: “Ek maak van Tirus ’n plek waar geen mens ooit weer sal kan bly nie. Jy sal wegsink terwyl die golwe van jou vyande oor jou spoel. Hulle sal jou aanval en jy sal verwoes word.