Ezekiel 26:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou sal die eilande bewe op die dag van jou val; ja, die eilande wat in die see is, sal ontstel word by jou vertrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kuslande bewe oor jou val. Die eilande van die see is verskrik omdat jy weg is.
Afrikaans 1933/1953 Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde.
Afrikaans 1983 Nou bewe die eilande op die dag van jou val, nou staan die eilande in die see verskrik omdat jy daarmee heen is!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nou sidder die eilande op die dag van jou val; die kuslande by die see is angsbevange oor jou uitvaart.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vandag het vyande jou oorwin, en nou bewe die mense op die eilande. Jy is weg, en die mense in die lande by die see het groot geskrik.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou bewe al die mense wat langs die see bly omdat jy verwoes is. Die mense wat op die eilande bly, is wit van die skrik oor wat met jou gebeur het.’”