Ezekiel 26:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe is jy vernietig, wat bewoon was van seevaarders, die bekende stad wat sterk in die see was, sy en haar inwoners, wat hulle verskrikking veroorsaak alles wat dit spook!
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal oor jou treur en hierdie begrafnislied sing: “O beroemde eilandstad, eens het jy oor die see regeer, en hoe is jy nou verwoes! Jy het eens met jou mag oor die hele wêreld vrees ingeboesem.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners.
Afrikaans 1983 Hulle sal 'n treurlied oor jou sing en vir jou sê: “Hoe het jy dan aan jou end gekom, beroemde stad, jy wat bevolk is van oor die see, jy wat magtig op die see was, jy en jou inwoners, jy wat almal op see met skrik vervul het!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal oor jou 'n klaaglied aanhef; hulle sal vir jou sê: “Hoe het jy verdwyn, jy wat uit die seë bevolk is, veelgeroemde stad wat so magtig was op see. Dit is sy en haar inwoners wat 'n skrikbewind gevoer het, ja, al haar inwoners.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal 'n klaaglied begin sing oor jou. Hulle sal sing en hulle sal oor jou sê: “Ag, Tirus, jy is weg. Mense het oor die see gekom om in jou te woon. Almal het geweet van jou, jou mense het regeer op die see. Almal was bang vir julle, vir jou en die mense wat in jou gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daardie dag sal hierdie mense ’n begrafnislied sing. Hulle sal sê: ‘Jy was so ’n bekende stad op die mooi eiland van Tirus. Jy het oor die see regeer, so sterk was jy. En nou is jy verwoes! Daar het niks van jou oorgebly nie. Eens op ’n tyd het jou mense met hulle bote oor die hele wêreld gevaar. En hulle was so sterk en ryk dat almal vir hulle bang was.