Ezekiel 26:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afdaal en hulle klere weglê en hulle gebreide klere uittrek; hulle sal hulle met bewing beklee; hulle sal op die grond sit en elke oomblik bewe en oor jou verstom staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die konings van die hawestede sal van hulle trone afklim en hulle koninklike klere uittrek. Hulle sal op die grond sit en bewe van angs oor wat met jou gebeur het.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees.
Afrikaans 1983 Al die regeerders aan die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afgooi, hulle spogklere uittrek en skrikbevange op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe van ontsetting oor jou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die leiers langs die see sal van hulle trone afklim, hulle mantels afhaal, hulle veelkleurig geweefde klere uittrek. Met 'n gesidder sal hulle beklee wees; op die grond sal hulle gaan sit, die hele tyd bewe, en verslae wees oor jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal wat regeer oor die lande by die see, sal afklim van hulle trone. Hulle sal hulle bo-klere afhaal, hulle sal hulle bont klere afruk, hulle sal bewe en op die grond gaan sit. Hulle sal aanhou bewe, hulle sal skrik wanneer hulle jou sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal al die regeerders en konings van hierdie dorpe en stede opstaan. En hulle sal al die pragtige, duur klere wat hulle aanhet, uittrek. Vol vrees sal hulle op die grond neerval, so bang sal hulle wees oor wat gebeur het en wat hulle alles gesien het. Hulle sal bewe van vrees, bewe oor wat Ek aan jou gedoen het, Tirus.