Ezekiel 26:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE aan Tirus: Sal die eilande nie bewe van die geluid van jou val nie, as die gewondes roep, as die slagting in jou midde gedoen word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here vir Tirus: Sal die hele kus nie bewe oor die geluid as jy neerslaan, oor die geskreeu van jou gewondes en die slagting in jou nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie? |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God vir Tirus: “Gaan die eilande nie bewe wanneer hulle die gedreun van jou val hoor nie, die gekreun van jou gewondes, wanneer hulle verneem van die slagting wat in jou gaan plaasvind? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Heer, die Here, vir Tirus, ‘ Sal, van die geluid van jou val, by die gekreun van die gewondes, met die groot slagting in jou, die eilande nie bewe nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê vir die stad Tirus: “Die ander lande by die see sal begin bewe wanneer die vyande jou oorwin, wanneer jou mense wat seergekry het, kla en skree, en wanneer die vyande jou mense doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dis wat die Here, die God van Esegiël, verder oor Tirus sê: “Al die mense wat op die eilande langs die kuslyn naby jou bly, sal bewe as hulle hoor hoe Ek jou vernietig het, Tirus. Hulle sal hoor hoe jy in jou nood roep om hulp. Hulle sal hoor hoe die mense wat gewond is, hardop huil. |