Ezekiel 26:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou maak soos die top van 'n rots: jy sal 'n plek wees om nette op uit te sprei; jy sal nie meer gebou word nie, want Ek, die HERE, het dit gespreek, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak jou eiland ’n kaal rots waar vissermanne hulle nette uitsprei. Jy sal nooit weer herbou word nie, want Ek, die Here, sê so! Dit is die woord van die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ek maak jou 'n kaal klipplaat. Jy sal nog net 'n plek wees waar visnette droog gemaak word. Jy sal nie herbou word nie. Ek, die Here, het gepraat,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek maak jou 'n kaal rotsplaat, 'n droogmaakplek vir sleepnette sal jy wees. Jy sal nie weer herbou word nie, want Ek, die Here, het gepraat.’ Dit is die uitspraak van die Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal net kaal klippe laat oorbly waar die stad was. Dit sal 'n plek wees waar mense hulle visnette droogmaak. Niemand sal weer die stad bou nie, want Ek, die Here, het gepraat.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek maak jou eiland ’n kaal rotsplaat waarop niks kan groei nie. Die vissermanne sal hulle nette oor jou uitgooi om in die son droog te word. En jy sal nooit herbou word nie, want Ek, die Here, sê so.” Dit is die woord van die Here, Esegiël se God.