Ezekiel 26:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal jou rykdom buit en jou handelsware 'n buit maak, en hulle sal jou mure afbreek en jou lieflike huise verwoes, en hulle sal jou klippe en jou hout en jou stof in die middel van die water neerlê.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hulle sal jou rykdom plunder en jou handelsware steel en jou mure afbreek. Hulle sal jou pragtige huise verwoes en die bakstene en hout en sand in die see gooi.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.
Afrikaans 1983 Hulle sal jou besittings plunder, jou handelsware buitmaak, jou mure afbreek, jou mooi huise verwoes en jou klippe, jou hout, selfs jou grond, in die see gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal jou rykdomme roof, jou handelsware buitmaak. Hulle sal jou mure afbreek, jou spoghuise sloop. Jou klippe, hout, en grond sal hulle in die water gooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal die goed in die stad vir hulleself vat en hulle sal al die winkels leegmaak. Hulle sal die mure en die mooi huise afbreek en hulle sal die hele stad in die see gooi, die klippe en die hout en die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle sal vat net wat hulle wil hê. Dan sal hulle al jou mure omgooi. Al die mooi huise sal hulle afbreek. Hulle sal die stene en die hout waarvan jou huise gebou is, in die see gooi.