Ezekiel 26:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate vertrap; jou volk sal hy deur die swaard doodmaak, en jou sterk wagposte sal na die grond afdaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy ruiters sal elke straat vertrap. Hulle sal jou mense doodmaak en jou sterk pilare omgooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val. |
| Afrikaans 1983 | Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate stof trap. Hy sal jou inwoners doodmaak en jou sterk pilare omgooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate vertrap. Jou mense sal hy met die swaard doodmaak. Jou magtige suile sal op die grond val. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy perde sal die strate stukkend trap met hulle pote, hy sal die mense in die stad doodmaak en hy sal die sterk pilare omgooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate en hulle perde sal jou strate vertrap. En hulle sal jou mense voor die voet doodmaak. Die sterkste pilare waarop jou huise en geboue rus, sal hulle alles omgooi. |