Ezekiel 26:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stof jou oordek; jou mure sal bewe van die geraas van die ruiters en van die wiele en van die strydwaens as hy in jou poorte ingaan, soos mense ingaan in 'n stad waarin word 'n oortreding gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy perde sal so baie wees dat jy toe onder die stof sal wees. En jou mure sal bewe van die gedruis van die wapentuig en waens as hulle die stad deur sy stukkende mure binnekom.
Afrikaans 1933/1953 Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos 'n mens indring in 'n stad wat oopgebreek is.
Afrikaans 1983 Sy perde sal so baie wees dat die stof wat hulle opskop, jou sal bedek. Die gedreun van sy ruiters en sy strydwawiele sal jou mure laat bewe wanneer hy deur jou poorte kom soos in 'n stad in waarvan die mure klaar afgebreek is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy magdom perde sal jou met hulle stofwolk bedek. Van die geluid van die spanne perde, die wiele en strydwaens sal jou stadsmure bewe wanneer hy by jou poorte ingaan, soos met die inval in 'n stad waarvan die mure deurbreek is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal baie perde hê, die stof wat die perde maak, sal die hele stad toemaak. Niks sal hom keer nie. Wanneer hy deur die poorte kom, dan sal die mure van Tirus begin bewe, want die manne op die perde en die oorlogkarre sal baie raas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal met duisende perde teen jou optrek. As al die perde deur jou stad jaag, sal jy vaal word soos hulle stof opskop. Die gedreun van die baie perde sal jou mure laat bewe. Hulle sal deur jou stukkende hekke ry en óór jou stad stroom.