Ezekiel 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek sal die kant van Moab oopmaak van die stede af, van sy stede wat aan sy grense is, die heerlikheid van die land, Bet-Jesimot, Baälmeon en Kirjataim, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | daarom stroop Ek Moab van sy stede, sy mooi stede. Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, die grensstede, sal verwoes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-J,simot, Baäl-Meon en tot Kirjat im toe; |
| Afrikaans 1983 | “Nou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom, kyk, Ek gaan die berghange van Moab blootstel, van die stede af, al sy stede tot die laaste een toe, die sieraad van die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon, ja, tot by Kirjatajim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek die grens van die land Moab oopmaak sodat die vyande kan inkom in die land, Ek sal die stede op die grens vir hulle oopmaak, die pragtige land rondom die stede Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal Ek al die stede aan julle oostekant en op julle grens vernietig, want julle het gedink dat daardie stede julle sal beskerm. |