Ezekiel 25:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daarom steek Ek my hand teen jou uit en gee jou as buit aan die nasies; en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande laat vergaan; Ek sal jou vernietig; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 daarom lig Ek my vuis teen jou. Jy sal buit vir die nasies word. Jy sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig jou heeltemal. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Nou gaan Ek my hand teen jou uitsteek en jou die spot onder die nasies maak. Ek gaan jou uitroei tussen die volke uit, jou laat ophou bestaan as 'n land. Ek gaan 'n end aan jou maak. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, kyk, “Ek strek my hand teen jou uit; Ek gee jou as 'n buit aan die nasies; Ek roei jou uit onder die volke; Ek laat jou verdwyn uit die lande; Ek delg jou uit. Jy sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek nou my hand teen julle uitsteek om julle te straf. Ek sal ander volke bring om julle te vang en weg te vat. Ek sal julle wegvat tussen die volke en Ek sal julle laat verdwyn uit die lande. Ek sal julle almal laat sterf, en julle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom lig Ek my vuis teen julle op en slaan julle plat. Ek gee julle as buit vir ander nasies om mee te maak wat hulle wil. Julle sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig julle heeltemal. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”