Ezekiel 25:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal Rabba 'n stal vir kamele maak en die Ammoniete 'n lêplek vir kleinvee; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek verander die stad Rabba in ’n weiveld vir kamele en Ammon sal ’n skaapkraal word. Dan sal jy besef dat Ek die Here is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal Rabba 'n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon 'n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak Rabba 'n weiveld vir kamele, Ek maak jou 'n plek waar kleinvee lê en rus. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal Rabba 'n weiveld vir kamele maak, by die Ammoniete 'n lêplek vir kleinvee inrig. Julle sal besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die stad Rabba 'n veld maak waar kamele kan wei, en julle land sal 'n plek word waar skape en bokke kan lê. Julle sal weet dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag sal Ek Rabba, julle hoofstad, ’n stuk oop veld maak waar kamele kan wei. En die ander stede sal verwoes word sodat skape daar kan wei. Daardie dag sal julle erken dat Ek die Here is.” |