Ezekiel 25:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daarom gee Ek jou aan die manne van die Ooste as 'n besitting, en hulle sal hul paleise in jou vestig en in jou woon; hulle sal jou vrugte eet en jou melk drink.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daarom laat Ek toe dat die mense van die ooste jou vir hulle vat. Hulle sal kampe rondom jou opslaan en hulle tente in jou land oprig. Hulle sal jou vrugte eet en jou vee steel.
Afrikaans 1933/1953 daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as 'n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.
Afrikaans 1983 “Nou gaan Ek jou 'n besitting maak van die mense uit die ooste. Hulle sal hulle kampe in jou kom opslaan, in jou kom woon, jou vrugte opeet en jou melk opdrink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom, kyk, Ek gaan jou aan mense uit die ooste as eiendom gee. Hulle sal hulle kampe in jou oprig, in jou hulle woonplekke vestig. Dit is hulle wat jou vrugte sal eet; dit is hulle wat jou melk sal drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek nou die Oosmense laat wen teen julle en Ek sal hulle in julle land laat woon. Hulle sal hulle tente opslaan tussen julle en húlle sal julle vrugte eet en julle melk drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom beveel Ek nou dat die mense wat in die woestyne daar aan die oostekant bly julle land inneem. Hulle sal tussen julle dorpe en stede kom kamp opslaan. En hulle sal julle oeste afvat en julle skape en beeste steel.