Ezekiel 25:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, rig jou aangesig teen die Ammoniete en profeteer teen hulle;
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, kyk in die rigting van die land van Ammon en profeteer teen sy mense.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.
Afrikaans 1983 “Mens, draai jou gesig na die Ammoniete toe en tree op as profeet teen hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, draai jou gesig na die Ammoniete en profeteer teen hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet jou gesig na die Ammoniete toe draai en jy moet my boodskap teen hulle bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, kyk na daardie kant toe waar die mense van Ammon woon. En sê vir daardie land en sy inwoners alles wat Ek vir jou sê.