Ezekiel 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal groot wraak op hulle uitoefen met grimmige teregwysings; en hulle sal weet dat Ek die HERE is, wanneer Ek my wraak op hulle uitspreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan My volledig op hulle wreek en hulle in my woede straf. En as Ek My op hulle gewreek het, sal hulle besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my wraak oor hulle bring. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan My voluit op hulle wreek, Ek gaan hulle straf in my gramskap. Wanneer Ek My op hulle wreek, sal hulle besef dat Ek die Here is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek gaan teen hulle optree met verskriklike wraak, hulle met woede straf. Hulle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek my wraak oor hulle bring.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is kwaad en Ek sal hulle baie swaar straf. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle straf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan my wraak oor hulle uitstort en Ek gaan hulle straf soos hulle verdien. Wanneer Ek dit gedoen het, sal die Filistyne weet dat Ek die Here is.” |