Ezekiel 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE HERE: Kyk, Ek steek my hand uit teen die Filistyne, en Ek sal die Krethim uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die oppermagtige Here: Ek lig my vuis van oordeel teen die land van die Filistyne. Ek wis die Kretense uit, die mense wat by die see leef.
Afrikaans 1933/1953 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
Afrikaans 1983 “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand uitsteek teen die Filistyne, gaan Ek hulle, hierdie Kretense, uitroei, 'n end maak aan dié wat nog langs die kus oor is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom,” so sê my Heer, die Here, “kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne; Ek gaan hierdie mense van Kreta uitroei. Ek gaan dié wat oorgebly het uit die kusvlakte vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek nou my hand teen die Filistyne uitsteek om hulle te straf. Ek sal hierdie Kreta-mense almal laat sterf en Ek sal almal laat verdwyn wat langs die see woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom gaan Ek, die Here, Esegiël se God, die Filistyne gryp en hulle met die vuis bykom. Ek gaan hulle heeltemal uitroei. Ja, Ek gaan hierdie mense wat langs die see woon, heeltemal verwoes.