Ezekiel 25:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE; Omdat die Filistyne met wraak gehandel het, en met 'n kwaadwillige hart wraak geneem het om dit ter wille van die ou haat te vernietig; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die oppermagtige Here sê: Die Filistyne het wraaksugtig opgetree en hulle op Juda gewreek, want vir baie lank haat hulle die mense van Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap -- |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Die Filistyne het hulle wraak gekoel, hulle het met veragting hulle wraaksug uitgestort, hulle wou Juda tot niet maak op grond van die ou vyandskap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Omdat die Filistyne met wraak opgetree het, hulle met sielsveragting gewreek het, met die doel om te verwoes, op grond van 'n ewigdurende vyandskap, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Filistyne het slegte dinge gedoen aan ander mense. Hulle het die ander mense altyd gehaat en hulle wou almal doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here, die God van Esegiël, verder gepraat: “Die Filistyne het lelik met Juda gemaak. Hulle wou Israel vernietig omdat hulle al jare lank vir hulle kwaad is. |