Ezekiel 25:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my wraak op Edom gee deur die hand van my volk Israel, en hulle sal in Edom handel volgens my toorn en na my grimmigheid; en hulle sal my wraak ken, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek gebruik Israel om My op Edom te wreek. Hulle sal my woede op Edom afkoel. Edom sal my wraak smaak. Ek, die oppermagtige Here, het so gesê.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ek sal my wraak teen Edom in die hande van my volk Israel laat, en hulle sal met Edom maak soos my toorn, my gramskap dit vereis. Edom sal my wraak leer ken,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal my wraak op Edom uitoefen deur die hand van my volk Israel. Hulle sal teen Edom optree ooreenkomstig my toorn en my woede. Edom sal my wraak leer ken.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my volk Israel gebruik om die Edomiete te straf. Ek is kwaad, en my volk sal in die land Edom doen wat Ek wil hê, Ek wil wys dat Ek kwaad is. Die Edomiete sal weet dat Ek hulle straf.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En Ek sal my volk, Israel, gebruik om dit te doen. Hulle sal wraak neem op die mense van Edom omdat Ek Edom straf vir sy slegte dade. Daardie dag sal Edom weet dat dit Ek is wat dit gedoen het. Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat gepraat het.”