Ezekiel 25:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Ek sal ook my hand teen Edom uitstrek en mens en dier daaruit uitroei; en Ek sal dit 'n wildernis maak van Teman af; en die van Dedan sal deur die swaard val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die oppermagtige Here: Ek lig my vuis teen Edom om hom te oordeel. Mens en dier wis Ek uit met die swaard. Ek maak die land verlate. Van Teman tot by Dedan sal almal doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val. |
| Afrikaans 1983 | “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand teen Edom uitsteek en mens en dier uit hom uitroei en hom 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan. Hulle sal deur die swaard afgemaai word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | daarom,” so sê my Heer, die Here, “strek Ek my hand uit teen Edom. Ek sal mens en dier daaruit uitroei. Ek sal die land 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan, en deur die swaard sal hulle val. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek my hand uitsteek teen die land Edom om die mense te straf, Ek sal mense en diere in die land laat sterf. Daar sal net hope klippe oorbly in die land, van die stad Teman tot by die stad Dedan. Die mense sal in oorlog sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom,” sê die Here, die God van Esegiël, “gryp Ek Edom aan sy keel. Ek slaan hom met die vuis. Ek roei sy mense uit, en sy vee. Ek stuur die swaard teen die land. Daar sal net een groot puinhoop oorbly, van die noorde van die land af tot in die suide. |